Daniel Kahneman

Daniel Kahneman (5 Maart 1934 – 27 Maart 2024) was 'n Israeliese sielkundige. Hy is 'n belangrike baanbreker ten opsigte van die koppelvlak tussen die ekonomie en die sielkunde. In sy publikasies het hy die idee van die rasioneel berekenende man wat vir sy eie voordeel optree, verwerp en het die menslike psige in die ekonomie bekendgestel. In 2002 het hy die Sweedse Nasionale Bank se prys vir ekonomie (Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe) gewen vir 'integrasie van sielkundige insigte in die ekonomiese wetenskap, veral met betrekking tot menslike oordeel en besluitneming onder onsekerheid. Kahneman was getroud met die Amerikaanse sielkundige Anne Treisman.


Developed by StudentB